Simonstad

Simonstad

Simon's Town
Voorstad
Die hawe van Simonstad.
Die hawe van Simonstad.
Simonstad is in Wes-Kaap
Simonstad
Simonstad
Koördinate: 34°11′20″S 18°26′19″O / 34.18889°S 18.43861°O / -34.18889; 18.43861
LandVlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
ProvinsieWes-Kaap
Metropolitaanse MunisipaliteitStad Kaapstad
Wyk61
Regering
 • RaadslidNicki Holderness (DA)
Oppervlak
 • Totaal19,81 km2 (7,65 vk. myl)
Bevolking
 • Totaal6 569
 • Digtheid330/km2 (900/vk. myl)
TydsoneUTC+2 (SAST)
Poskode
7995

Simonstad (Engels: Simon's Town) is 'n dorp aan die oostekant van die Kaapse Skiereiland naby Kaapstad in die provinsie Wes-Kaap, Suid-Afrika.

Die ingang na die hawe op Simonstad.

Dit is genoem na die Nederlandse goewerneur van die Kaap, Simon van der Stel. Simonstad, wat aan Valsbaai geleë is, is bekend as die hoofkwartier en opleidingsentrum van die Suid-Afrikaanse Vloot. Die dorp speel al tweehonderd jaar 'n belangrike rol as militêre hawe en is oorspronklik deur die Koninklike Britse Vloot (Royal Navy) gebruik.

Die historiese middedorp.

Simonstad se St. Georgestraat word danksy 'n groot aantal historiese huise, waaronder die Huis van die Admiraliteit uit die jaar 1740, ook die "Goue Myl" genoem. Die dorp beskik oor 'n regstreekse spoorwegverbinding met die sakekern van Kaapstad en een van die gewildste sandstrande van die skiereiland, Bouldersstrand. Die strand is ook gewild by die plaaslike brilpikkewyne, wat hier - ondanks die aanwesigheid van mense - in 1985 'n kolonie gestig het.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne